top of page
Search

Die Meyerton SAPD voer ‘n veldtog teen dwelmmisbruik en verwante misdaad.

Die Meyerton SAPD het verlede Vrydag 'n gemeenskapsuitreikveldtog in Sicelo begin. Die Meyerton SAPD Stasiebevelvoerder, Kolonel Moeti Lepitla, en sy lede het aangesluit by verteenwoordigers van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Departement van Korrektiewe Dienste, plaaslike raadslede van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, NICRO, SANCA, Life Line en verskeie ander nie-regeringsorganisasies. Die veldtog was daarop gemik om gesamentlik die impak van dwelmmisbruik en verwante misdaad aan te spreek deur met gemeenskapslede te skakel deur gesprekke oor die verskillende dienste wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens en sy belanghebbendes verskaf word. Kospakkies is ook tydens hierdie uitreikveldtog geskenk en aan geïdentifiseerde gesinne binne die gemeenskap oorhandig. Gemeenskapslede is ook aangemoedig om by die stryd teen misdaad aan te sluit deur misdaad by hul naaste polisiestasie aan te meld.






4 views0 comments
bottom of page