Die Midvaal-brandweerspan toon hul staal tydens ‘n kompetisie
MEYERTON - Lede van die Midvaal Brandweerdiens het verlede week deelgeneem aan die Toughest Firefighter-kompetisie by Dräger in Johannesburg – en die twee spanne het met die algehele eerste plek en ‘n tweede plek weggestap. Volgens die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit is die brandweermanne tydens die kompetisie in afsonderlike uitdagings getoets, insluitend om met ‘n 30kg brandslang by vier-verdiepings se trappe op te hardloop, ‘n 30kg brandslang by ‘n toring op te hys en ‘n pop wat 85kg weeg vir 30 meter te sleep, onder andere. Daar was gedurende die kompetisie ook ‘n reddingsuitdaging en ‘n crossfit-uitdaging. Die munisipaliteit sê alle afdelings van die kompetisie moes in volle uniform uitgevoer word in die kortste tyd moontlik.
FOTO’S: (Midvaal Local Municipality)

