Search

Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit kondig hul tariewe en belastingverhogings aan

MEYERTON - Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het aangekondig dat hy sy elektrisiteitstariewe slegs met 6% gaan verhoog. In 'n video op die munisipaliteit se Facebook-blad het die MMC vir Finansiële Dienste, Raadslid Patricia Hutcheson, bevestig dat die munisipaliteit die verhoging van sy tariewe en belasting tot 6% kon laat daal, terwyl water met 8,8% sal styg, wat die direkte verhoging vanaf Rand Water is. Raadslid Hutcheson het die Midvaal-inwoners bedank vir hul deelname aan die munisipaliteit se konsepbegrotingsvergadering en sê dat die munisipaliteit werklik glo die verlaagde verhoging sal baie help om hul inwoners by te staan.

VIDEO: (Midvaal Local Municipality)



2 views0 comments