VAALDRIEHOEK - Die minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, het besluit om te midde van die voëlgriep-uitbreking die invoer van tafel-eiers, bevrugte eiers en hoendervleis toe te laat. Dit is om seker te maak daar is in die feestyd genoeg voorraad beskikbaar. Die uitbreking is ʼn paar maande gelede in die land aangemeld en Gauteng is die swaarste getref. Meer as sewe-miljoen hoenders is sedertdien van kant gemaak en dit het tot ʼn tekort aan eiers gelei. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê die, minister het permitte geteken wat toelaat dat dié produkte ingevoer word.
top of page
bottom of page
Commentaires