top of page
Search

Die Nasionale Kredietreguleerder waarsku Vaaldriehoekers teen hoë kredietkaart-besteding.

Die Nasionale Kredietreguleerder waarsku teen hoë kredietkaartbesteding oor die feestyd. Vaaldriehoekers en ander Suid-Afrikaners word aangeraai om hul besteding in Desember te beperk te midde van hardnekkige hoë inflasie en stygende rentekoerse.

Die woordvoerder van die Nasionale Kredietreguleerder, Didi Sebothoma, sê verbruikers moet die stygende lewenskoste in gedagte hou wanneer hulle hul begrotings vir die feestyd opstel. Sy sê roekelose besteding kan mense op die swartlys laat beland.



2 views0 comments
bottom of page