Die naweek se rugby:
Agt wedstryde word die naweek in die Verenigde Rugbykampioenskap gespeel, wat twee plaaslike derbies insluit.
Die Ierse span Munster verwelkom vanaand Llanelli Scarlets van Wallis, terwyl Glasgow Warriors die Zebre’s van Italië in die Skotse stad ontvang. Môre pak die Stormers en die Haaie mekaar om 14:30 die middag in Kaapstad, gevolg deur die Slag van die Jukskei tussen die Bulle en die Leeus op Loftus.
Die verdedigende kampioen, die Stormers, is tans tweede op die punteleer, die Bulle sesde, die Haaie sewende en die Leeus 12de.
