Die NSRI waarsku gemeenskappe teen fratsvloede ná Vaaldam-watervlakke skerp styg
- 90.6 FM News
- Apr 28
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Nasionale Seereddingsinstituut het ‘n beroep gedoen op gemeenskappe langs die Vaalrivier om ekstra bedag te wees op fratsvloede. Die Departement van Water en Sanitasie het Vrydag ‘n tiende sluis by die Vaaldam oopgetrek nadat die dam se watervlakke weens swaar reën tot ‘n ongekende118% gestyg het. die NSRI sê hulle reddingspanne, bygestaan deur die polisie en noodreddingsdienste, is sedert die begin van April op ‘n gereedheidsgrondslag weens die invloed van swaar reën op die stygende vlakke van die Vaaldam en die Bloemhofdam. Reddingspanne het die naweek onverpoosd gewerk om mense en diere uit die stygende water te red. Baie inwoners weier egter om laagliggende gebiede te verlaat.
Comentários