Search

Die nuwe voorgestelde tabakwetsontwerp dreig met tronkstraf as sigarette aan kinders verkoop word

VAALDRIEHOEK - Die Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels bepaal dat enige persoon of onderneming wat sigarette aan minderjariges verkoop, beboet of 15-jaar tronkstraf opgelê kan word. Dit sluit in ondernemings wat lekkergoed, speelgoed of items wat soos sigarette lyk, versprei. Die Departement van Gesondheid se woordvoerder, Lynn MoengMahlangu, sê die wetsontwerp stel ook die eerste keer wetgewing ten opsigte van elektroniese nikotien- en nie-nikotiensigarette voor, sowel as die instel van 100% rookvrye gebiede, insluitend in sekere openbare gebiede, werksplekke of voertuie.

FOTO: (Supplied)


7 views0 comments