Search

Die Padverkeerbestuurskorporasie wil spoedgrense op SA paaie verminder

VAALDRIEHOEK - Die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) het ‘n aantal ingrypings voorgestel om die sterftes op Suid-Afrika se paaie te verminder. Een daarvan is die aanpassing van spoedgrense op paaie. Die RTMC het vroeër vandag voorstelle aan die parlement voorgelê en sê ‘n program is tans aan die gang om die spoed in stedelike gebiede te verminder, veral rondom skole en roetes wat baie deur fietsryers gebruik word. Die korporasie sê die spoedbeperking moet van sestig kilometer per uur na 50 kilometer per uur verminder word op stedelike paaie en van 120 na 110 kilometer per uur op groot paaie.

FOTO: (Verskaf)




13 views0 comments