Die Parlement keur die verlenging van die wapen-amnestie goed
VAALDRIEHOEK - Die Parlement het ingestem dat die wapenamnestie met ses maande verleng word wat wapeneienaars tot einde Januarie sal tyd gee om hulle wapenlisensies te hernu. Volgens die polisie is 46 714 vuurwapens tydens die vorige amnestie-tydperk ingehandig, maar daar is blykbaar nog baie in sirkulasie. ’n Woordvoerder, Brenda Muridili, het mense aangemoedig om gebruik te maak van die vergunning en wapens en ammunisie wat vernietig moet word of waarvan die lisensie en bevoegdheidsertifikaat hernu moet word, in te handig.
FOTO: (Verskaf)
