Die parlement se landboukomitee misluk in sy taak om voedselsekerheid te beskerm
VAALDRIEHOEK - Die DA sê hy dring aan dat die parlementêre portefeuljekomitee vir Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling met Eskom en minister Thoko Didiza beraadslaag oor spesifieke planne vir die landbousektor. Boere staar die afgelope tyd ‘n krisis in die gesig wat ‘n regstreekse bedreiging is vir voedselsekerheid en landbou se volhoubaarheid. ‘n DA-woordvoerder, Noko Masipa, sê baie boere in die besproeiingstreek in die Noord-Kaap en dele van die Wes-Kaap kan weens kragonderbrekings nie hulle plase besproei nie. FOTO: (Verskaf)
