Search

Die Pfizer-versterker-inenting is nou beskikbaar

VAALDRIEHOEK - Die adjunk-minister van Gesondheid, Sibongiseni Dlomo, sê mense wat twee dosisse van die Pfizer-inenting gekry het, kwalifiseer nou vir ‘n versterker-inspuiting. Die land het gister begin met die toediening van die derde dosis van die inentings. In ‘n eksklusiewe onderhoud met eNCA sê Dlomo mense kan hulle klinieke besoek om die Pfizer-versterker te kry. Dlomo sê ook mense met ernstige immuniteitsprobleme kan 28 dae na die tweede dosis die versterker-inspuiting kry.

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het die beskikbaarheid verwelkom van Covid-19 aanvullings-dosisse, en moedig almal aan wat daarvoor kwalifiseer, om dit so gou moontlik te kry. As iemand die Pfizer-entstof gekry het, kan hulle dalk kwalifiseer vir ‘n aanvullende dosis. Die Suid-Afrikaanse regulerings-owerheid vir Gesondheidsprodukte het vroeër die maand die groenlig gegee vir die derde dosis. Die vereniging se voorsitter, Angelique Coetzee, sê die sleutel tot oorwinning in die stryd teen die pandemie, is inenting.

FOTOS: (Gautengse Gesondheidsdepartement)




13 views0 comments