Search

Die polisie gaan op 25 Junie weer vuurwapens vernietig

VAALDRIEHOEK - AfriForum se Marnus Kamfer sê baie mense het gedink hulle kan gedurende die vuurwapen amnestietydperk net weer om ’n lisensie aansoek doen en het nie besef dat vuurwapens ingehandig moet word nie. Die vuurwapenamnestie het Sondag verstryk en minister van polisie, Bheki Cele, doen nou aansoek om ’n nuwe amnestietydperk. Netwerk24 berig die polisie beplan om nou op 25 Junie vuurwapens wat verbeurd verklaar is te vernietig. Kamfer sê mense wat hul wapens ingehandig en weer om lisensies aansoek gedoen het, moet gaan kyk of hul wapens op die lys is. Hy sê daar is ongeveer 20 dae tyd om te reageer en beswaar aan te teken en het mense gemaan om dit met valkoë dop te hou. Kamfer sê egter dit is nie nou wetlik moontlik om die amnestietydperk te verleng nie. Hy het ook benadruk dat inperktyd dit moeilik gemaak het vir wapeneienaars om aansoek vir amnestie te doen.

Intussen sê die voorsitter van die vuurwapeneienaarsvereniging van Suid-Afrika (Gosa) sê vuurwapeneienaars moet besef uit die 19 000 vuurwapens wat gedurende die amnestietydperk ingehandig is, is net 19 aansoeke vir lisensies tot dusver goedgekeur. Paul Oxley sê volgens die nuusblad die aansoeke gedurende die amnestietydperk word as nuwe aansoeke beskou en nie as hernuwings nie. Hy sê Gosa is nie ten gunste van die amnestie nie omdat die polisie eintlik net die bestaande wet moet gehoorsaam. Oxley sê die hof het reeds in 2009 ’n bevel uitgereik dat alle vuurwapenlisensies geldig is en die polisie het tot vandag toe dit nie betwis nie.

FOTO: (Verskaf)



0 views
Listen Live.jpg