Search

Die polisiediens maak vordering in die agterstand met DNS-toetsing

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Polisiediensbestuur bevestig dat daar ‘n lig aan die einde van die tonnel rakende die DNS-agterstand is. Die polisiediens sê hy maak vordering met die inhaal van die agterstand in DNS-toetsing. Die stelsel is gestaak as gevolg van miljoene wat na bewering verdwyn het. ‘n Nuwe stelsel is hierdie maand begin, met ongeveer 10-miljoen monsters wat gelaai is. Die polisie se woordvoerder, Vishnu Naidoo, sê DNS-monsters wat vir hofsake in verband met geslagsgeweldsake benodig word, sal voorkeur geniet.

FOTO: (Verskaf)


1 view0 comments