top of page
Search

Die president waarsku teen rassisme ná ‘n voorval by Maselspoort in die Vrystaat

BLOEMFONTEIN - Ramaphosa sê rassisme het géén plek in Suid-Afrika nie en rassiste moet die gevolge van die vólle krag van die wet verwag. Videomateriaal wat die rondte doen, wys hoe swart tienerseuns op Kersdag deur wit mans by ’n oord in Mangaung in die Vrystaat aangeval word. Die mans het na bewering probeer keer dat die 13- en 18-jariges die Maselspoort-oord se swembad gebruik. Intussen word daar op sosiale media beweer dat die seuns ‘n 3-jarige meisie in die swembad ingestamp het wat tot die onderonsie gelei het. Die presiese aanloop tot die bakleiery is egter in die stadium nie duidelik nie. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê swart en wit Suid-Afrikaners moet as ‘n eenheid saamstaan en álle vorme van rassisme veroordeel. FOTO: (Verskaf)


21 views0 comments
bottom of page