top of page
Search

Die proses om leerders vir volgende jaar outomaties in skole te plaas, het reeds begin.

Die Gautengse Departement van Onderwys bevestig die proses om leerders vir volgende jaar outomaties in skole te plaas, het reeds begin. Dit word Woensdag afgehandel. Die LUR vir Onderwys, Motome Chiloane, het tydens ʼn verslag oor die vordering gesê outomatiese plasings volg waar sommige ouers nie aanbiedinge aanvaar het nie. Chiloane, het bygevoeg, die provinsie het tot dusver baie druk ondervind by 313 primêre skole en 243 sekondêre skole. Volgens Chiloane word 599 bykomende klaskamers vir primêre skole benodig en 698 bykomende klaskamers vir sekondêre skole.



3 views0 comments
bottom of page