top of page
Search

Die regering soek fondse om diesel vir Eskom te koop.

Die departement van openbare ondernemings sê hy werk saam met die nasionale tesourie en Eskom om die geld te vind om meer diesel vir die kragvoorsiener te koop. Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het gisteraand 'n dringende vergadering met die Eskom-direksie gehou. Die kragvoorsiener sê hy sal nie die kontant hê om brandstof te koop voor die begin van sy volgende boekjaar op 1 April 2023 nie. Volgens die energiekenner Chris Yelland, het Eskom-woordvoerder Mantshantsha, gesê dat die dieseltenks by die twee oopsiklus-gasturbines leeg is, en dat Eskom nie nog diesel bestel het om dit aan te vul nie. Dit volg nadat Eskom se bedryfshoof, Jan Oberholzer laas week gesê het dat Eskom sy dieselbegroting reeds met 5 miljard rand oorbestee het. Fase vier word tans geïmplementeer tot 16:00 vanmiddag, waarna fase vyf van 16:00 van middag tot middernag, tot Woensdag sal inskop.





6 views0 comments
bottom of page