top of page
Search

Die regering verklaar die landwye vernietigende oorstromings ‘n nasional ramp.

Die regering het ‘n nasionale ramp-toestand afgekondig in reaksie op die oorstromings landwyd. Oorstromings het groot skade veroorsaak in dele van Gauteng, Mpumalanga, die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo, die Noord-Kaap en Noordwes.

Die Presidensie sê in ‘n verklaring die Nasionale Rampbestuursentrum het verslae ontvang van oorstroomde huise, voertuie wat deur vloedwater meegesleur is en oorvol damme en rioolfasiliteite. Die Presidensie sê ook die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel dat die huidige swaar reën sal voortduur.

Die Rampbestuursentrum gaan intussen voort om reaksie- en herstelmaatreëls deur die betrokke staats-organe en belanghebbendes te koördineer.




7 views0 comments
bottom of page