Search

Die regering werk aan ‘n meer permanente oplossing vir Eskom se dieseluitdaging.

Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, sê onbetroubare opwekking belemmer steeds die regering se pogings om die elektrisiteitsnetwerk te stabiliseer. Hy sê saam met onvoldoende instandhouding, korrupsie en voortdurende onklaarrakings het dit Eskom gedwing om meer diesel te gebruik. Gordhan het in antwoord op vrae in die Parlement gesê die regering het 50-miljoen liter diesel van PetroSA geïdentifiseer om onmiddellik aan die kragvoorsiener beskikbaar te stel. Eskom het verlede week oor ‘n tekort aan diesel gewaarsku en gesê die oorblywende voorraad is slegs vir ernstige noodgevalle.



2 views0 comments