top of page
Search

Die sakesektor is bekommerd oor die krisis wat kan ontstaan weens die onbestendigheid in die ANC.

Die Presidensie sê president Cyril Ramaphosa bestudeer steeds die Phala Phala-verslag en hy sal binnekort ‘n aankondiging maak. Intussen is die georganiseerde sakesektor bekommerd oor die krisis wat kan ontstaan weens die onbestendigheid in die regerende party na die Phala Phala-verslag oor president Cyril Ramaphosa vrygestel is. Die sektor is bekommerd oor die breër gevolge vir die vertroue in die ekonomie en die land. Die uitvoerende hoof van Business Unity South Africa, Cas Coovadia, sê vanuit ‘n sake-oogpunt is die saak as geheel ‘n skending van vertroue. Hy doen ‘n beroep op die Parlement om beslissend op te tree in die verwerking van die verslag en aan sakeondernemings en beleggers te bewys dat die saak wel hanteer word.




2 views0 comments
bottom of page