Search

Die SAPD vermors glo miljoene rande aan ongebruikte spioenware

VAALDRIEHOEK - News24 berig dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) meer as 100 miljoen rand aan gesofistikeerde spioenware, wat hulle nie kan gebruik nie, bestee het. Die nuuswebwerf berig in ‘n ekslusiewe ondersoek dat misdaadintellegensie R102 miljoen spandeer het op presiese mobiele opsporingstoerusting, ook bekend as “grabbers”, wat selfoonoproepe en -boodskappe kan onderskep. Volgens ondersoeke word hierdie spioenware al vir meer as ‘n jaar nie gebruik nie. Dit na die polisie nie ‘n vrystellingsertifikaat van die Departement van Justisie kon kry nie, wat die wettige gebruik van die afluister-masjinerie sou toelaat. Die Onafhanklike Polisie-Ondersoekdirektoraat (OPOD) en die inspekteur-generaal van intelligensie ondersoek nou die bewerings.

FOTO: (Verskaf)




3 views0 comments