Die SARS-kommissaris sê belasting-opstand is nie die antwoord op Suid-Afrika se situasie nie
VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se kommissaris, Edward Kieswetter, sê landsburgers wat ontnugter is deur swak regering en mislukte dienslewering moet hulle na aktivisme wend eerder as om belasting te weerhou. Hy sê die probleem sal net vererger as belasting teruggehou word. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het ‘n belastingteiken van R1,6800-miljard gestel wat Sars moet invorder. Kieswetter aanvaar die meerderheid Suid-Afrikaners is ontnugter deur die huidige stand van sake en voeg by mense is moeg vir verskonings en die gebrek aan dienslewering.
FOTO: (SARS)
