Die Sentrale Energiefonds het voorspel dat petrol in Mei sal styg en diesel daal
- 90.6 FM News
- Apr 16, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Motoriste van die Vaaldriehoek en die res van Suid-Afrika kan hulself staal vir ʼn styging in brandstofpryse vanaf 1 Mei. Die Sentrale Energiefonds se middel-maand-data voorspel petrolpryse sal in Mei vir die vierde agtereenvolgende maand styg, met 'n verwagte onderverhaling van sowat 30-sent per liter. Dieselpryse sal egter na verwagting daal, met 'n oorverhaling van ongeveer 28-sent per liter. Die verwagte verhoging sal 'n styging van 30-sent per liter in 93 oktaan petrol beteken en 95 oktaan met 31-sent per liter. Intussen sal diesel se groothandelprys na verwagting 'n afname van 26-tot 31-sent per liter toon. Lampolie kan met 19-sent per liter verminder. Die onderneming sê oliepryse is die grootste oorsaak van die onderverhaling in petrol.
Comments