Search

Die Sentrale Energiefonds wil volgens berigte Sasol se vulstasies koop

SASOLBURG - Die Sentrale Energiefonds is volgens berigte besig met samesprekings met die petrochemiese reus Sasol om sy vulstasies te koop. Die staatsbeheerde maatskappy se belangrikste bate is die olie- en gasonderneming PetroSA. Business Day berig dat die fonds sukkel om geld in te samel om sy skuld te betaal. Sasol het 410 diensstasies in Suid-Afrika. Liz McDaid van die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, sê egter dit is onaanvaarbaar dat die fonds met privaat ondernemings begin meeding en handel dryf.

Intussen het Sasol gewaarsku dat sy finansiële prestasie in die jaar tot einde Junie waarskynlik veel te wense gaan oorlaat. Sasol het in ’n handelsverklaring op die JSE se nuusdiens Sens gesê sy wesensverdienste en verdienste per aandeel gaan waarskynlik meer as 20% laer wees as ’n jaar tevore. Netwerk24 berig buiten dat daar groot kommer was oor die vordering en enorme ekstra koste wat by die maatskappy se Lake Charles aanleg in Amerika aangegaan is, het Sasol se aandeelprys erg deurgeloop toe die olieprys vroeër vanjaar weens die Covid-19-pandemie inmekaar gestort het. Sasol het in Maart planne bekend gemaak oor hoe hy beplan om hierdie storm te trotseer. Een hiervan is ’n moontlike regte-uitgif waarmee hy tot $2 miljard wil insamel. FOTO: (Verskaf)


0 views
Listen Live.jpg