top of page
Search

Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep sê een uit elke vyf oproepe is selfdood-verwant

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep betreur die verlammende gevolge van geestesgesondheid. Die organisasie sê een uit elke vyf oproepe wat hy ontvang, is selfdood-verwant. SADAG hanteer ongeveer 1800 tot 2200 oproepe per dag. Die organisasie het Geestesgesondheidsmaand in Oktober gebruik om aandag aan die kwessie rondom skole te gee. Die organisasie sê geestesgesondheids-kwessies in skole is wydverspreid en word misverstaan. SADAG doen ‘n beroep vir veilige omgewings vir kinders en jongmense.

FOTO: (Verskaf)


4 views0 comments
bottom of page