Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku El Niño sal in die middel van die somer verskerp
- 90.6 FM News
- Nov 21, 2023
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku die El Niño Suidelike Ossillering kan in die middel van die somer verskerp, met die waarskynlikheid van verhoogde hittegolwe. Daar heers tans ‘n matige El Niño-toestand en dit sal na verwagting tot in die vroeë herfs volgende jaar voortduur en ʼn invloed op weersomstandighede uitoefen. Dit lei gewoonlik tot warmer, droër toestande en dis onseker of dit tot bo-normale reënval in die noordooste sal lei, terwyl ondernormale reënval vir ander dele voorspel word. Die hoof wetenskaplike van die Weerdiens, Christien Engelbrecht, het die media by die Nasionale Persklub toegespreek en die publiek aangemoedig om maandelikse opdaterings te volg vir moontlike veranderinge in voorspellings vir reën.
FOTO: (Verskaf)

Comments