top of page
Search

Die Vaalrivierstelsel se watervlakke styg effens

VAALDRIEHOEK - Die Departement van Water en Sanitasie sê die Geïntegreerde Vaalrivierstelsel (IVRS) het ‘n geringe toename van verlede week se 102,1% tot 102.4% hierdie week aangeteken. Ten spyte van die toename het die Vaal- en Grootdraaidam ‘n afname in hul vlakke aangeteken. Die Departement waarsku dat die watervlakke in die IVRS gedurende die winterseisoen sal aanhou daal. Die departement se Sputnik Ratau herinner almal daaraan dat dit belangrik is om water spaarsamig te gebruik.

FOTO: (Verskaf)


20 views0 comments
bottom of page