Die Vereniging van Staatsamptenare beteken ‘n sewe-dae-stakingskennisgewing op die regering.
Die Vereniging van Staatsamptenare het ‘n amptelike stakingskennisgewing op die regering beteken. Die vereniging het ‘n kennisgewing van sewe dae uitgereik nadat ‘n dooiepunt in salaris-onderhandelings bereik is. Die werkers het aanvanklik ‘n verhoging van 10%, maar dit later aangepas tot 6,5%. Die nasionale staking kan volgende Woensdag begin en moontlik dienslewering in alle regeringsdepartemente raak. Die VSA se assistent-hoofbestuurder, Reuben Maleka, beskuldig die regering dat hy nie in goeie trou onderhandel nie.
