top of page
Search

Die vermeende poging om die Eskom bestuurshoof André de Ruyter te vergiftig word veroordeel.

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het aan News24 bevestig dat dokters op 13 Desember en in opeenvolgende toetse 'n paar dae uitmekaar, verhoogde sianiedvlakke in sy bloed gevind het. De Ruyter het op 12 Desember sy bedanking ingedien en dit is twee dae later amptelik aangekondig. Luidens ’n verslag deur EE Business Intelligence het De Ruyter siek geword nadat hy ’n koppie koffie by Eskom se kantore in Sunninghill gedrink het. Hy is na die dokter geneem, waar hy gediagnoseer is met sianiedvergiftiging. De Ruyter het op 5 Januarie ’n strafregtelike saak geopen.

Intussen het die DA die poging tot vergiftiging André de Ruyter, veroordeel. Ghaleb Cachalia van die DA sê nie net is De Ruyter uitgelaat in die koue nie, maar nou is kriminele sindikate binne Eskom ook intens daarop ingestel om die ekonomie te vernietig.





18 views0 comments
bottom of page