Die VF-Plus in Emfuleni sê nog ‘n onderneming moet sy deure sluit as gevolg van die munisipaliteit
EMFULENI - Die Vryheidsfront Plus sê die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se buitensporige tariefverhogings, kragonderbrekings en riool-stortings het, onder andere, nog ‘n plaaslike onderneming gedwing om sy deure te sluit. Die party sê in ‘n verklaring dié sluiting sal toesien dat sowat 169 werkers in die proses afgelê word en daarna moet deel vorm van die 62% werkloses binne die munisipaliteit se jurisdiksie. Die VF-Plus se Gerda Senekal sê die betrokke maatskappy moet maandeliks meer as R100 000 aan ELM oorbetaal vir munisipale dienste, maar moet alles in hul vermoë doen om die ligte aan te hou weens beurtkrag en kabeldiefstal. Senekal sê dit is egter net een geval van vele ondernemings wat moes sluit of naburige streke verhuis. Die VF-Plus sê hulle sal aanhou veg vir die regte van die inwoners en ondernemings in Emfuleni, wat beter verdien as ‘n ANC-regering.
FOTO: (Vryheidsfront Plus)
