Search

Die VF Plus vra weer vir Spesiale Landelike Veiligheideenhede

BLOEKOMSPRUIT - Die Vryheidsfront Plus in Gauteng sê hy sal voortgaan om Spesiale Landelike Veiligheidseenhede te vra om plaasaanvalle te help voorkom. Dit volg ná die onlangse aanval op plaaseienaars in die Bloekomspruit-gebied binne die Sedibeng-distrik. ‘n Egpaar is in hul eie huis deur ‘n groep verdagtes aangeval en aangerand, maar die vrou kon dit regkry om met die aangrensende plaaseienaars kontak te maak wat hulle na die toneel gehaas het. Die verdagtes het in die rigting van Deneysville gevlug, maar hulle is later in hegtenis geneem weens die flink optrede van die gemeenskap en die polisie. Die VF Plus se Kobus Hoffman sê te midde van die geweld en politieke onsekerheid waarin Gauteng se boere gedompel is, is daar geen ander keuse as om betrokke te raak by Gemeenskapveiligheidstrukture nie.

FOTO: (VF Plus)


3 views0 comments