Search

Die Vryheidsfront Plus sê minister Bheki Cele verloor stadig maar seker die stryd teen misdaad

VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus sê die jongste misdaadsyfers wys die polisie verloor die stryd teen misdaad stadig maar seker. Die ministerie van Polisie se jongste kwartaalverslag vir die tydperk van Julie tot September vanjaar, toon ‘n dubbelsyfer-persentasie styging vir misdade wat moord, poging tot moord en aanranding insluit. Die VF Plus-leier, Pieter Groenewald sê die misdaad-syfers dui op ‘n vlaag misdaad wat deur die land spoel, en die minister van Polisie, Bheki Cele, misluk in sy taak.

FOTO: (Verskaf)


1 view0 comments