top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Die weerdiens voorspel dat die hittegolf môre breek

VAALDRIEHOEK - Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) is daar na vandag effense verligting, na Gauteng inwoners vir 'n tyd lank gebuk was onder versengende hitte. Die hittegolf het temperature oor die naweek in groot dele van die land tot naby 35°C laat styg. ‘n SAWD woordvoerder, Lehlohonolo Thobanjana, sê inwoners kan van Woensdag af ‘n beduidende verskil in die temperatuur verwag. Die weerdiens se waarskuwing staan egter nog vandag oor hittegolftoestande oor die oostelike dele van die Noord-Kaap, Noordwes, Vrystaat, Gauteng, asook die suidwestelike bosveld van Limpopo. Inwoners word versoek om uiters versigtig te wees tydens die hittegolftoestande deur binnenshuis te bly en gehidreer te bly. Die hittegolf kan ook druk op die elektrisiteitsnetwerk plaas, aangesien mense waaiers en lugversorgers gebruik om koel te bly.

FOTO: (Verskaf; SAWD)


5 views0 comments

Comments


bottom of page