top of page
Search

Die weerdiens voorspel ‘n koue winter vir groot gedeeltes van die land

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ‘n koue winter vir Gauteng en dele van Noordwes. Volgens die weerdiens gaan daar hierdie jaar laer as normale temperature vergeleke met vorige jare ondervind word. ‘n Woordvoerder van die diens, Vanetia Phakula, sê temperature gaan waarskynlik wissel tussen 18- en 20-grade. Ander dele van die land soos die Wes- en Noord-kaap sal ook na verwagting ‘n baie natter winterseisoen beleef.

FOTO: (Verskaf)



15 views0 comments
bottom of page