Search

Die werkloosheidskoers styg tot 30,1% in die eerste kwartaal

VAALDRIEHOEK - Statistieke Suid-Afrika (SSA) het onthul dat die land se amptelike werkloosheidskoers tot meer as 30% gestyg het. SSA het vandag bekend gemaak dat werkloosheid in die eerste kwartaal van 2020 op 30,1% te staan gekom het, teenoor 29,1% aan die einde van 2019. Volgens Statistieke Suid-Afrika kom hierdie syfers in die kwartaal nog voordat die COVID-19-krisis die ekonomie tot stilstand geruk het. Die uitgebreide werkloosheidskoers – wat ontmoedigde werkloses insluit – het opgeskiet tot 39,7%, teenoor 38,7% persent net ’n kwartaal vantevore.In die formele sektor het 50 000 minder mense gewerk, en die landbou het 21 000 minder werknemers gehad. Nagenoeg 30 000 meer mense het in private hushoudings gewerk. Altesame het die aantal mense met werk met 38 000 gedaal. Statistikus-generaal, Risenga Maluleke, wys daarop dat die werkloosheidskoers altyd in die eerste kwartaal van die jaar styg - ’n kombinasie van nuwe matrikulante en studente wat die arbeidsmag betree en die tydelike werknemers wat in die vierde kwartaal vir die Kerstyd aangestel is, nuwe werk moet soek. Verlede jaar was daar egter geen styging in aanstellings in die vierde kwartaal nie.

FOTO: (Verskaf)


4 views