top of page
Search

Dieselprys styg met 45c en petrolprys met 5c om middernag

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse motoriste sal van middernag af effens meer vir petrol, maar aansienlik meer vir diesel moet betaal. Die prys van alle grade petrol styg vanaand om middernag met 5c per liter, maar motoriste met dieselvoertuie sal 45c per liter meer opdok vir alle grade van diesel. Die departement van minerale bronne en energie het gister eers die finale prysstygings vir Augustus bekend gemaak. Die departement sê die styging is hoofsaaklik weens die styging van meer as $3 per vat in die prys van ruolie. Die prys het gedurende Julie van $40,01 per vat tot $43,49 per vat gestyg. Hoewel die rand in Julie teenoor die Amerikaanse dollar verstewig het, was dit nie genoeg om ’n styging in brandstofpryse te keer nie. Die nuwe pryse word more, op 5 Augustus, van krag.

FOTO: (Verskaf)


2 views0 comments
bottom of page