Search

Dis-Chem Vaal Mall bevestig Vrydag 'n COVID-19 geval; weer oop na ontsmetting en isolasie

VANDERBIJLPARK - Dis-Chem Vaal Mall was Vrydag gesluit weens 'n bevestigde COVID-19 geval. Die 90.6 FM Nuusspan het Vrydagmiddag 'n kennisgewing op die winkel se geslote deure gevind. Die winkel het die publiek verseker het dat hulle seker gemaak het dat hulle streng veiligheidsmaatreëls gevolg het en dus is die risiko van verdere infeksies beperk. Volgens die winkel sluit hierdie maatreëls in dat hulle daagliks temperature meet, sosiale afstand behou, maskers dra, die winkelgereeld diep skoonmaak, met saniteermiddels en beskermde perspex-skerms by betaalpunte. Alle mense wat in kontak was met die geaffekteerde persoon is dadelik geïdentifiseer, in self-isolasie geplaas en word gemonitor. Volgens Vrydagmiddag se kennisgewing het hulle in daardie stadium pas 'n volle ontsmetting en sanitasie van die hele winkel afgehandel, en sou hulle na verwagting die volgende dag - Saterdag, 27 Junie - weer oopmaak. Die Nuusspan verstaan dat die winkel weer Saterdag oop was vir die publiek.

FOTO: (90.6 FM News - Geneem by Dischem se ingang)


12 views