Search

Dis-Chem word daarvan beskuldig dat hy maskers se pryse opgestoot het

VAALDRIEHOEK - Die farmaseutiese kleinhandelgroep, Dis-Chem, is daarvan beskuldig dat hule vebruikers uitbuit na hulle gesigmaskers se pryse glo met 261% tydens die staatsinperking verhoog het. Die kleinhanderlaar het na bewering ‘n pak van 50 blou gesigmaskers sonder BTW van R43,47 tot R156,95 opgestoot. Daar is ook berig dat ‘n pakkie van vyf maskers met 43% gestyg het. Die Mededingingskommissie het Dis-Chem na die Mededingingstribunaal verwys vir buitensporige prysverhogings tydens die ramptoestand. Verskeie ander produkte het glo soortgelyke prysstygings getoon. Die kommissie het die tribunaal gevra om Dis-Chem die maksimum boete op te lê. Die woordvoerder van die Competition Commission, Sipho Ngwema, sê hulle het sedert 21 Maart, toe die staatsinperking in werking getree het, klagtes ontvang oor hierdie prysstygings.

Dis-Chem sê egter hulle is van plan om die besluit van die Mededingingskommissie teen te staan nadat hulle na die Mededingingstribunaal verwys is vir vervolging. Die uitvoerende hoof van Dis-Chem, Ivan Saltzman, sê hy glo nie die inligting en data wat verskaf is, is korrek nie. FOTO: (Verskaf)


28 views