Search

Discovery-lede kry 2,500 punte indien hulle voor einde 2021 inent

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse lede van die beloningsprogram Discovery Vitality gaan 2,500 Vitality-punte kry as hulle hulle voor die einde van 2021 ten volle laat inent teen COVID-19. Sake24 berig mense wat reeds hul Johnson & Johnson-inenting of albei hul Pfizer-inentings ontvang het, sal hul 2,500 punte vanaf Oktober ontvang. 2 500 punte is ’n stewige bedrag, waarmee belonings van nagenoeg R250 gekoop sal kan word – waarskynlik met punte oor vir ’n gratis koffie by Mugg & Bean of Vida e Caffè. Discovery se vennote sluit al Woolworths, Dis-Chem, Exclusive Books, Nespresso, Totalsports, Lego, Pick n Pay en tientalle ander in. Die Uitvoerende Hoof van Discovery Vitality, Dinesh Govender, sê as lede reeds ingeënt is, hoef hulle niks meer te doen nie – punte sal outomaties voor die einde van die jaar toegeken word. Lede sal in Oktober kommunikasie ontvang met meer besonderhede. Dinesh sê die toekenning van Vitality-punte vir inentings strook met Discovery se sakemodel om gedeelde waarde te skep.

FOTOS: (Verskaf)



2 views0 comments