Search

Drankbedryf sê alkoholverbod kan meer as 1 miljoen mense se werke raak

VAALDRIEHOEK - Die alkoholbedryf het hom sterk teen die nuwe alkoholverbod, wat gisteraand ingestel is, uitgespreek. In ‘n gesamentlike verklaring deur die SA Vereniging vir Drank-handelsmerkeienaars, VinPro, die Biervereniging van Suid-Afrika, die Drankhandelaarsvereniging van SA en die Drankhandelaarsraad van Suid-Afrika, sê hulle dat die heroplegging van beperkings ‘n rampspoedige ekonomiese impak op die bedryf sal hê en sal voortgaan om die verlies aan aksynsinkomste te vererger. Hulle voeg by dat bykans een-miljoen mense wat deel uitmaak van die drankbedryf se waardeketting, deur die verbod geraak sal word. Dit volg na President Cyril Ramaphosa gisteraand aangekondig het dat alle alkohol-verkope onmiddelik gestaak word. Dit is weens die aantal hospitaalbeddens wat nodig is vir Covid-19-pasiënte wat opgeneem word deur slagoffers van alkohol-verwante trauma. Van vannag af word ‘n klokreël weer van 21:00 saans tot 04:00 in die oggend ingestel. In ‘n toespraak wat gisteraand regstreeks uitgesaai is, het Ramaphosa by Suid-Afrikaners gepleit om strenger te hou by die maatreëls wat die verspreiding van die virus kan beperk.

FOTOS: (SA Presidency)







0 views
Listen Live.jpg