Drankwinkels het nog geen inligting oor omswaai van drankverkope nie
VAALDRIEHOEK - Drankwinkels het Sondag tydens ‘n virtuele vergadering met die regering geen aanduiding gekry dat ‘n omswaai van die drankverkope sal plaasvind nie. President Cyril Ramaphosa het Sondag aangekondig dat die verkope van alkohol weer toegelaat sal word wanneer die land vlak-3 van die inperking gaan betree. Die verkope van alkohol sal van 1 Junie af toegelaat word, maar sal onder streng voorwaardes toegelaat word. Ramaphosa het gesê besonderhede sal later deur die week bekend gemaak word sodra onderhandelinge met die sektor afgehandel is.
FOTO: (Verskaf)
