top of page
Search

Dreigende staking deur die mataalwerkersvakbond, Numsa

Die Metaalwerkersvakbond, Numsa het die toonaangewende staalvervaardiger en -verskaffer, Macsteel, wat ook ‘n tak in Vanderbijlpark het, bedien met ‘n 48-uur-kennisgewing van sy voorneme om te staak. Dit volg op die eensydige herroeping van sekere byvoordele deur die maatskappybestuur sonder om die vakbond te raadpleeg. Volgens die woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, het Macsteel die voordele twee jaar gelede herroep. Die vakbond is sedertdien in onderhandelinge met die bestuur, maar hulle weier glo om gehoor te gee. Sy sê die kennisgewing eindig vandag wat beteken die staking begin môre.



4 views0 comments
bottom of page