Search

Drie mense sterf in ongeluk naby Lochvaal

VAALDRIEHOEK - Drie mense is die naweek op slag dood en sowat veertien beseer in ‘n botsing op die N-1 by Lochvaal in Gauteng. Ses voertuie was in die ongeluk betrokke. ‘n Woordvoerder van ER-24, Russel Meiring, sê die botsing is vermoedelik veroorsaak deur swak sigbaarheid weens rook van ‘n veldbrand. Meiring sê die drie oorledenes, ‘n bejaarde egpaar en ‘n man, was insittendes in een van die voertuie. ‘n Vrou is in ‘n ernstige toestand met ‘n helikopter na ‘n hospitaal geneem. Haar twee dogters van 11 en 14 jaar is minder ernstig beseer. Meiring sê die ander beseerdes is met ligte tot matige beserings met ambulanse na hospitale geneem.

FOTO: (ER24)



11 views0 comments