Search

Drie polisielede verongeluk in Vereeniging

VEREENIGING - Die polisie in Gauteng het bevestig drie polisiebeamptes is vroeg gisteroggend in Vereeniging dood nadat ‘n vragmotor hulle voertuig getref en 500 meter ver gesleep het. Die ongeluk het gisteroggend rondom 05h30 plaasgevind by die vierrigtingstop waar die Boy Louw en Carbon-strate kruis. Volgens die Nasionale Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, was die beamptes besig met misdaadvoorkomingspatrollies toe die vragmotorbestuurder na bewering versuim het om by ‘n vierrigtingstop stil te hou. Al drie die beamptes is op die toneel dood verklaar. Mathe sê die bestuurder is in hegtenis geneem op aanklag van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur. Nasionale Polisiekommissaris, Generaal Fannie Masemola, het sy het sy meegevoel teenoor die drie polisiebeamptes se families, vriende en kollegas betuig.

FOTO: (Vaal Journal)


4 views0 comments