Drie slagoffers vir ure aangehou in Heidelberg
HEIDELBERG - Een man en twee vroue is getraumatiseerd gelaat nadat hulle gister vir bykans drie ure vasgebind en in hul woning in JG Strydomstraat, Rensburg gelê het terwyl twee gewapende rowers op hul tyd hul buit versamel het. Proudly Heidelberg berig dat die slagoffers laatmiddag deur die twee skurke oorval en vasgebind was. Die rowers het die kluis oopgemaak en ses wapens is gesteel, asook die slagoffers se bankkaarte met die sleutelkodes, selfone en ander huishoudelike items. Die rowers het hul buit in die slagoffers se Toyota Hilux bakkie gelaai en net voor 7 uur die aand gevlug. Proudly Heidelberg sê verder die slagoffers kon eers na die rowers weg is hulself loswikkel en het onmiddellik Fidelity ADT gekontak. Heidelberg polisie en speurders is na die toneel ontbied waar die ondersoek afgeskop het. Die slagoffers is nie fisies deur die rowers beseer nie. FOTO: (Verskaf)
