Search

Drie verdagtes aangekeer na plaasroof in Meyerton area

MEYERTON - Die Meyerton CPF sê drie verdagtes is in hegtenis geneem ná 'n plaasaanval by Platkoppies Plaas op die Vaaldam/Heidelberg pad. Die Meyerton CPF Blok 4 het gister in 'n verklaring gesê 'n bejaarde egpaar is op hulle plaas van kontant en vuurwapens beroof. Die boer se Ford Ranger-bakkie is ook gesteel. Die CPF sê vredesbeamptelede van plase in die omgewing en SAPD-lede het gereageer en die verdagtes agternagesit, wat op hul beurt op die lede geskiet het. Die CPF sê hulle kon egter daarin slaag om drie verdagtes in hegtenis te neem. Die vuurwapens en kontant is ook teruggevind. Die CPF het die SAPD Vaal Marina / Ratanda / vredesbeamptes / Afriguard en boere geloof vir die goeie werk wat gedoen is om hierdie verdagtes in hegtenis te neem.

FOTO: (IOL)


9 views0 comments