Drie verdagtes vas vir veediefstal in Vereeniging.
Die Sedibeng-distrik SAPD het drie verdagtes in Ennerdale in hegtenis geneem vir Veediefstal in Vereeniging, op Saterdag, 04 Februarie 2023. Sedibeng distrik kommunikasie beampte, Kaptein Fikile Funda sê lede van die Veediefstal en Bedreigde Spesies eenheid het leidrade opgevolg nadat beeste na bewering op Vrydag, 03 Februarie 2023 met geweld van die eienaar se veewagter afgeneem is. Volgens Kaptein Funda het 'n ondersoek die lede na 'n geïdentifiseerde adres in Finetown, Ennerdale gelei waarna die beeste as die eiendom van die eienaar geïdentifiseer is; drie verdagtes is daarna in hegtenis geneem.
Gemeenskapslede word versoek om misdaad by hul naaste polisiestasie, of op SAPD Crime Stop by 08600 10111 aan te meld of alternatiewelik 'n anonieme wenk op die MySAPS-toepassing te laat.

