top of page
Search

Druk van VF Plus dwing Emfuleni om raadsbesluit oor onderhoud van kraginfrastruktuur na te kom

VAALDRIEHOEK - Die VF Plus sê volgehoue druk van die party het die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit gedwing om ʼn raadsbesluit van 2019 te eerbiedig en R174 miljoen aan die opgradering en instandhouding van die kragnetwerk te bestee. Die VF Plus in Emfuleni se Gerda Senekal sê hulle het in 2019 die munisipaliteit gedwing om ʼn verpligte klousule in die Nersa-verspreidingskontrak, dat 6% van kragverkope aangewend moet word vir die instandhouding en opgradering van die kragnetwerk, ʼn raadsbesluit te maak. Senekal sê die munisipaliteit het weens wanadministrasie die raadsbesluit vir twee jaar verontagsaam, maar die VF Plus het aangehou om druk op die munisipaliteit te plaas. Die raad het uiteindelik bes gegee en R174 miljoen uit die 2020/21-begroting bewillig vir die doeleindes. Senekal sê ʼn totaal van R20 miljoen sal in die volgende ses maande aan die opgradering van die kragsubstasie in Curie Boulevard bestee word. Sy sê byna die helfte van Vanderbijlpark is afhanklik van dié substasie, wat in 2019 in ʼn brand beskadig is en die munisipaliteit het nie genoeg geld gehad om dit te herstel nie. Die VF Plus het daarop ʼn bedrag van R270 000 ingesamel om die dak van die substasie te herstel. Vanderbijlpark was die afgelope drie jaar vir 372 dae sonder elektrisiteit weens foutiewe kragkabels, substasies wat aan die brand slaan en kabeldiefstal. Die VF Plus sal sy druk op Emfuleni volhou om die dienste te lewer waarvoor belastingbetalers ten duurste betaal.

FOTO: (VF Plus)



8 views0 comments
bottom of page