Search

Duisende leerlinge het nog nie plek in Gautengse skole vir 2020 nie

VAALDRIEHOEK - Die Demokratiese Alliansie sê die ouers van meer as 2 000 leerlinge wat glo in Desember by die Gautengse departement van basiese onderwys appèl aangeteken het teen hul kinders se plasing in skole, sal na verwagting môre eers weet of hul appèl geslaag het. Die DA se woordvoerder oor onderwys in die provinsie, Khume Ramulifho, sê oor die plasing van gr. 1’s en gr. 8’s dat die skole Woensdag begin en Dinsdag heeltemal te laat is daarvoor. Ramulifho sê ouers moet skoolklere koop en vervoerreëlings vir hul kinders tref en dat dit nie in ’n dag gedoen kan word nie. Gauteng se LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het op 3 Desember gesê dat 27 000 leerlinge nog nie geplaas is nie, “omdat hul ouers nie die nodige papierwerk voltooi het nie”. Uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), Chris Klopper, sê hulle verwag dat 25 000 tot 30 000 leerlinge teen Woensdag nie ’n plek in ’n skool sal hê nie.

FOTO: (Verskaf)


11 views
Listen Live.jpg