top of page
Search

Duisende polisie vuurwapens gesteel onder die beheer van die SAPS.

Volgens die DA is altesaam 889 privaat en meer as 8,000 polisie-vuurwapens sedert 2011/2012 gesteel terwyl dit onder beheer van die Suid-Afrikaanse Polisiediens was. Cele het erken slegs 35 mense is vervolg en slegs vyf van hulle is skuldig bevind aan wapendiefstal. Die polisie was betrokke by 46% van hierdie gevalle. Volgens die party-lid, George Michalakis, kon slegs 5,385 vuurwapens teruggevind word. Michalakis het ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om ‘n strategiese hersiening van die polisie uit te voer en te verseker dat dit geskik is om misdade te voorkom en alle burgers te beskerm.

Intussen sê Action Society die SAPS is in ‘n krisis gedompel en dit syfer deur vanaf die topbestuur. Action Society sê die feit dat slegs van die gesteelde vuurwapens teruggevind is, dit verduidelik waarom die polisie nie die stryd teen misdaad kan wen nie.



3 views0 comments
bottom of page